Local newsNews

VLU Ridderspore-aandtak maak mooi kunsstukke op blokkiesmateriaal

Al die dames het die aand baie geniet en is trots op hul werk.

Die dames van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Ridderspore-aandtak het tydens hul maandelikse vergadering op Donderdag, 7 April geleer om kruissteek op Gingham-materiaal te maak.

Jarika Crous het die dames mooi gewys hoe om die steke op die materiaal te maak.

Skakelbeampte Elsie Krouwkamp het vertel dat jy met wit gare begin en kruissteke maak.

Daarna word die patroon met verskeie borduursteke opgevul om ‘n mooi en unieke kunsvorm te skep,” het Elsie vertel.

Sy het gesê dat al die dames die aand baie geniet het en trots is op hul kunsstukke.

Gerda Benadie en Gerda van der Nest besig om ‘n artikel te voltooi. Foto ingestuur.
Een van die mooi artikels wat die dames gemaak het. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button