Local newsNews

BRIEF: Ek voel nie meer veilig nie – bejaarde

Ons bly in 'n land en dorp met baie misdaad – bejaarde.

• Elna Haywood skryf:

Asseblief, moet julle nie blind staar teen ‘n oord se naam nie. Ons bly in ‘n land en dorp met baie misdaad.

Desember 2021 het ek ‘n onaangename ondervinding gehad deurdat iemand ‘n lang skoenveter met ‘n glyknoop deur my bolug laat sak het en aan die venster se knip gehak het. Gelukkig het die veter te vêr geskuif dus kon hy nie die venster oopkry nie.

Die voordeur is langs die venster.

Ek het daaroor gaan praat maar toe word daar vir my gesê ek moet sorg dat my vensters toe is en styf vasgedraai is.

Na aanleiding van die gewapende roof wat onlangs hier was en waar hulle toegang gekry het deur ‘n oop kombuisvenster en die diefwering oopgebreek het, het ek vir die persoon by wie ek die insident by my huis aangemeld het, gevra hoekom sy dit nie aan die inwoners bekend gemaak het nie, want daar is nog steeds oop vensters. Haar antwoord aan my was ‘n blommetjie- en hartjie-emoji.

Ek het ekstra veiligheid by my huis laat aanbring.

Ek weet nie hoe die drie mans toegang tot die oord verkry het nie. Ek voel nie meer veilig nie. Hier word gekla as mense op gras (bossies) parkeer en per ongeluk ‘n blombak raakry. Ek hoop daar sal meer vir die veiligheid en sekuriteit van die inwoners gedoen word.

Related Articles

Back to top button