Haar kuns word haar besigheid

Colleen Jacobs, 66, het onlangs die mooiste potplanthouers in verskeie kleure begin maak wat enig in hul soort is.

‘n Inwoner van Randfontein het haar passie vir kuns verander in ‘n unieke besigheid.

Colleen Jacobs, 66, het onlangs die mooiste potplanthouers in verskeie kleure begin maak wat enig in hul soort is.

Sy het vertel dat sy nog altyd kunstig was en na haar man se dood alles opgepak en begin het om hierdie unieke potplanthouers te maak.

My eerste lot was nie suksesvol nie want jy leer nog. Hulle was nie so stewig en weerbestand nie, maar ek het geëksperimenteer en na video’s gekyk, en so het ek aangegaan,” het Colleen vertel.

Sy gebruik materiaal en sement om die houers te maak, wat sy dan oor iets plaas om vorm daaraan te gee. Daarna gebruik sy binne- en buiteverf om hulle mooi te maak. Vir sommiges gebruik sy die pragtigste doilies.

Colleen het vertel dat dit omtrent ‘n week vat om die potte te maak. Hulle is stewig en weerbestand, en sy het self reeds plante in ‘n paar geplant. Dit kan in die huis gebruik word vir blommerangskikkings, of as binne- of buitehuise potplanthouers.

Om ‘n bestelling by Colleen te plaas, skakel haar gerus by 072 211 2819.

Daar is ‘n groot verskeidenheid houers in die mooiste kleure om van te kies. Foto: Michelle Roodt.
Exit mobile version