Plaaslike pastoor gekroon as Mr Randfontein 2021

'Ek glo ek kan iewers 'n verskil maak deur my liefde en passie vir mense – om hoop te bring waar mense moedeloos geword het.'

Plaaslike pastoor en berader, Barend Kotze is onlangs gekroon as Mr Randfontein 2021. Die 30-jarige Barend het vertel dat dit onwerklik voel dat hy die titel verwerf het.

Lees ook: The winners of Krugersdorp/ Randfontein Pageants 2021 are …

Hy het besluit om in te skryf vir die kompetisie omdat hy nog altyd ‘n passie gehad het om met mense te werk.

Ek sien elke dag die groot uitdaging en behoeftes van die minderbevoorregtes en daarom het ek besluit om in te skryf. Ek glo ek kan iewers ‘n verskil maak deur my liefde en passie vir mense – om hoop te bring waar mense moedeloos geword het.”

Dit gaan alles vir hom daaroor om die gemeenskap te dien, en om van jonges tot bejaardes aan te moedig en te motiveer om elke dag ten volle te leef en ‘n verskil te maak in hul eie en ander se lewens. “Ek beplan om gemeenskapswerkswinkels aan te bied waar ons vir die minderbevoorregte mense vaardighede gaan aanleer om self ‘n inkomste te genereer. Ek gaan ook fondse insamel vir mense met gestremdhede, en daardeur ander bewus maak van al die uitdagings waarmee hulle te kampe het, en wat die versorging van iemand met ‘n gestremdheid vereis.”

Barend Kotze op die loopplank. Foto: Jaco Bothma.

Volgens Barend is sy rol as Mr Randfontein om ‘n goeie rolmodel en ambassadeur vir die dorp, gemeenskap en jeug te wees. Hy is ook aangewys as Mr Randfontein Charity 2021, en het in die Mr. Randfontein 2021-kompetisie toekennings gekry vir Best Portfolio, Best Interview, Best Quarentea, en Overall Public Choice. Vir die gemeenskap wil Barend sê om voluit te leef en hul roeping en potensiaal uit te leef.

Saam kan ons ‘n megaverskil in ons dorp en omgewing maak. Dit is vir elke persoon – jonk en oud – om as kind van God hul talente of roeping te gebruik om daardie groot verskil in ons samelewing te maak.”

Barend Kotze met al sy titels wat hy gewen het. Foto: Jaco Bothma.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version