Local newsNews

Ouma Hessie se smullekker koekies ‘n wenner!

Haar oudtydse koekies is die beste medisyne vir jou soettand!

As jy lus is vir smullekker koekies, dan is ouma Hessie se oudtydse koekies die beste medisyne vir jou soettand!

Die 74-jarige Hester Charity, beter bekend as ouma Hessie, bak koekies en verkoop dit omdat sy en haar man net ‘n staatspensioen kry waarmee hulle steeds huur moet betaal en kos koop om te kan oorleef.

Sy het vertel dat sy al meer as 40 jaar lank bak en al die jare haar eie beproefde resepte.

My koekies is nie soos dié wat jy in die winkel kry wat almal dieselfde smaak nie,” het sy vertel.

Ouma Hessie bak verskeie soorte koekies, onder andere gemmer, koffie en klapper. Sy het verduidelik dat sy haar liefde vir bak by haar ouma en ma se geërf het toe sy hulle gereeld in die kombuis gehelp het.

“Dit is vir my baie lekker om te bak en ek wil volgende koeksisters aanpak.”

Ouma Hessie het vertel dat dit tans maar stil gaan omdat die pandemie dinge deurmekaar gekrap het. Daar was ‘n tyd toe sy 30 blikke koekes per maand gelewer het.

Vir ‘n groot houer vra sy R165, die mediumgrootte kos R65 en ‘n klein houer is R45.

Indien jy vir Ouma Hessie wil ondersteun deur by haar koekies te koop, kontak haar gerus by 082 843 1896.

Sy het drie groottes houers om van te kies. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button