Local newsNews

#Verbruikersregtedag: Jou regte rakende krediet

Maart is die perfekte bewusmakingsmaand om jouself te vergewis van jou verskillende regte asook dit te implementeer wanneer jy aansoek tot krediet doen óf oormatige skuld moet hanteer.

Hierdie maand fokus DebtSafe op die bewusmaking van verbruikers se regte.

Elke jaar word Internasionale Verbruikersregtedag op 15 Maart gevier en, dit blyk daarom toepaslik te wees om verbruikers te herinner dat jy regte het wanneer dit kom by die uitneem van krediet en dat jy beheer oor jou finansies kan terugneem wanneer jy oorverskuldig verklaar word.

Volgens ‘n skuldadviseur by DebtSafe Carla Oberholzer is dit uiters belangrik om jou verskillende regte te ken asook om verantwoordelikhede ingevolge die Nasionale Kredietwet (“die Wet”) te verstaan en aktief te beoefen.

‘n Ingeligte verbruiker is ‘n beskermde verbruiker. Deur ‘kredietonderrig’, stel jy jouself in staat om die selfvertroue te hê om te weet waarna om op te let tydens ‘n kredietaansoek, asook watter oplossing aanbeveel word wanneer jy ‘n ‘skuldlas’ beleef.”

Oberholzer moedig jou ook aan om vertroud te raak met die wet, die Nasionale Kredietreguleerder (NKR’s) se rol en te weet wat jou noodsaaklike verbruikersregte behels:

Die Nasionale Kredietwet

Die Nasionale Kredietwet (ook bekend as “die Wet”) het op 1 Junie 2007 ten volle in werking getree. Die Wet stel ten doel om verbeterde verbruikersinligtingstandaarde te verskaf en pogings om ‘n regverdige en nie-diskriminerende platform vir verbruikerskrediet te bevorder. Terwyl, dit verseker dat die proses gereguleer word.

Die Nasionale Kredietreguleerder

Die NKR is gestig deur die Wet No. 34 van 2005 en funksioneer as die ‘waghond’ van die kredietindustrie in Suid-Afrika. Die NKR sien toe dat kredietburo’s, kredietverskaffers en skuldberaders (byvoorbeeld) aan die Wet voldoen.

Die NKR verseker die ontwikkeling van ‘n toegangklike kredietmark – hoofsaaklik waarby minderbevoorregte persone, lae-inkomste individue en geïsoleerde gemeenskappe betrokke is.

Die regulerende liggaam is ook trots daarop om verbruikersregte te bevorder deur verskeie bewusmakingsveldtogte elke jaar gedurende Maart te loods.

Jou noodsaaklike verbruikersregte sluit in, maar let wel – is nie beperk tot die volgende nie:

• Jy het die REG om aansoek te doen vir krediet.
• Jy het die REG tot die openbaarmaking van inligting (om, byvoorbeeld, ‘n kwotasie te ontvang) voordat jy ‘n kredietooreenkoms onderteken.
• Jy het die REG om inligting in eenvoudige en verstaanbare taal te ontvang.
• Jy het die REG tot die vertroulike behandeling van jou persoonlike inligting.
• Jy het die REG om (gratis, een keer per jaar) toegang te verky tot jou kredietverslag by enige geregistreerde kredietburo.
• Jy het die REG om enige verkeerde inligting by ‘n geregistreerde kredietburo te betwis.
• Jy het die REG om aansoek te doen vir ‘n wettige, aanbevole diens en proses genaamd, Skuldberading (wanneer jy nie meer kan tred hou met jou skuldbetalings nie).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button