Local newsNews

VLU Middelvlei-dames leer borduurtegnieke

Met naald en gare in die hand het die dames hul meesterstukke begin.

Die Vrouelandbou-unie Middelvlei-tak het ‘n gesellige byeenkoms gehad by die lieflike Menûchân Koffiewinkel in Elandsvlei waar die dames ‘n lieflike ontbyt geniet het.

Na hul ontbyt van smaaklike gevulde pannekoek op Donderdag, 10 Maart het hulle ‘n les gehad in borduurwerk waartydens hulle nuwe tegnieke geleer het.

Ria Herbst wys vir die dames wat om te doen. Foto: Michelle Roodt.

Die dames was die ene konsentrasie soos hulle die gare deur die naalde probeer ryg het sodat hulle met hul meesterstukke kon begin.

Ria Herbst en Frances van de Merwe het die klas aangebied en daar is ook verduidelik hoe om ingewikkelde patrone te maak.

Lettie Bosman besig met haar borduurstuk. Foto: Michelle Roodt.

Die borduurwerk is geskik vir tafellinne, skinkbordlappe of plekmatjies.

Die dames het die oggend baie geniet was bly om iets nuut en interessant te leer.

‘n Voorbeeld van die borduurwerk. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button