Local newsNewsUpdate

Mense maak hul harte oop sodat Willem weer kan hoor

Child & Family Welfare, Randfontein ('n projek van die Bethany House Trust in Krugersdorp) het vir Willem 'n stel gehoorstukke geskenk.

Talle gemeenskapslede het hul harte oopgemaak sodat Willem Faber se wens kon waar word om weer te kan hoor.

Die Herald het op Donderdag, 3 Maart berig oor Willem, 78, wat om hulp vra om te kan hoor aangesien hy en sy vrou wat albei pensioenarisse is en nie vir hom gehoorstukke kan bekostig nie.

Die gemeenskap het ook nie op hulle laat wag nie.

Lees die oorspronklike storie hier: Help asseblief vir Willem, 78, om weer te kan hoor

Child & Family Welfare, Randfontein (‘n projek van die Bethany House Trust in Krugersdorp) het vir Willem ‘n stel gehoorstukke geskenk, maar dit was nie al nie. Robinson HearCare by Life Robinson private hospitaal het aangebied om sy gehoortoetse gratis te doen en boonop die gehoorstukke vir hom in te stel.

Toe die Herald die gehoorstukke op Vrydag, 4 Maart by Willem gaan aflaai het was hy geskok en het in trane uitgebars van blydskap.

Al wat hy met die grootste glimlag kon sê was baie, baie, baie dankie aan almal wat gehelp het en dat hy alles baie waardeer.

Willem kan nou weer voluit leef aangesien hy kan hoor en kommunikeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button