Little Angels vier Twosday

Die leerders het volgens die syfer twee aangetrek.

Die Little Angels Dagsorgsentrum het 22 Februarie 2022 (22/02/2022) wat as Twosday bekendstaan op ‘n baie oulike manier gevier.

Volgens verskeie bronne het die dag nie werklik ‘n spesifieke betekenis nie, wat bevestig word deur www.nationalworld.com wat sê dit het geen geskiedkundige waarde nie maar dat dit ‘n prettige woordspeling is vir die uitsondelike geleentheid wanneer die datum die palindroom 22/2/22 vorm. Dit beteken dat die datum vorentoe en agtertoe gelees kan word en steeds dieselfde dag aandui.

Die hoof en eienaar van die skool Chevonne Buitendag het vertel dat hulle die leerder volgens die syfer twee aangetrek het.

Dit was ‘n groot sukses en die kleuters het dit baie geniet,” het Chevonne vertel.

Hulle het ‘n bord gemaak om die syfer twee op ‘n Bybelse manier uit te beeld, met woorde soos 2 loved, 2 special, 2 blessed.

“Ons maats het ook kunswerke gemaak wat die syfer twee insluit.”

Chante Buitendag met haar twee onmaats waterstewels.
Keisha Mandove met haar kunswerk. Foto ingestuur.
Kai Carelsen wys twee vingertjies.
Janica de Lange is baie trots op haar werk.
Duane Benade en Chante Grobbelaar.
Leigh Anne van Heerden met haar kunswerk.
Luhandre en Juane Dednam.
Elysia Els.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version