Local newsNews

Splinternuwe rooi Toyota 86 GT-modelmotor kry ‘n eienaar

Fred van Niekerk het op sy 77e verjaarsdag sy prys by die Herald-kantoor in Homelake kom haal.

Die gelukkige wenner van die splinternuwe rooi Toyota 86 GT-modelmotor in die Herald se lootjiefondsinsameling vir Kendra Harmse is Fred van Niekerk!

Lees ook: Kendra-fondsinsameling: Die Toyota 86 GT-modelmotor kry ‘n baas

Op Vrydag, 4 Maart het Fred sy nuwe modelmotor by die Herald se kantoor in Homelake in ontvangs geneem, wat wonderlik was want hy het toe ook sy 77e verjaarsdag gevier.

Hy het vertel dat dit die heel eerste keer was dat hy iets gewen het.

Ek is bly ek kon ‘n bydrae lewer tot Kendra, sy sal ‘n pragtige jong dame word en ek wens haar net die beste toe vir haar toekoms.”

Fred het laggend vertel dat die feit dat die Toyota rooi is, ‘n plus is.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button