Local newsNews

Handvol vroue gebruik hul brei- en hekel-talente om dorp te help

'Ons is 'n groep dames wat probeer om die gemeenskap te help, veral in die winter wat op pad is.'

Daar is ‘n groep vroue in Randfontein wat besluit het om hul brei- en hekeltalente te gebruik om die dorp te help.

Die groep bestaan al vir die afgelope nege jaar maar weens die pandemie kon hulle eers weer vanjaar hul brei- en hekelnaalde gebruik vir hul goeie werk.

Een van die lede, Maritsa Nel het vertel dat hulle saam hekel en brei – onder andere truie, sokkies en mussies –wat hulle vir die NG Gemeente Randfontein-Noord skenk vir liefdadigheidswerk.

Die dames geniet hul brei- en hekelbyeenkomste verskriklik. Foto: Michelle Roodt.

Hulle koop tans die wol wat hulle gebruik uit hul eie sakke, en vra nou die gemeenskap om vir hulle wol te skenk om die onderskeie items te maak. Hulle sal die hulp opreg waardeer.

Die dames het vertel dat hierdie samekoms die hoogtepunt van hul week is omdat hulle kan kuier en terselfdertyd ‘n verskil in mense se lewens maak.

Ons probeer om die gemeenskap te help, veral in die winter wat op pad is,” het Maritsa vertel.

Die dames vergader by die NG Kerk Randfontein-Noord op Dinsdae-oggende en enige iemand wat wil aansluit is meer as welkom om vir Lynne te kontak by 083 442 5577.

Sommige van die items wat reeds voltooi is. Foto: Michelle Roodt.
Jeanette van Wyk besig om te brei. Foto: Michelle Roodt.
Janet Walstra brei lekker. Foto: Michelle Roodt.
Cynthia Hamann is die oudste lid en word binnekort 88. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button