Talle skole neem deel aan Subdistrik Atletiekkampioenskappe

'Dit verg verskriklik baie oefening van die kinders wat hardloop, spring en gooi om sulke rekords en goeie tye te behaal.'

Talle atlete van verskeie laerskole in Randfontein het onlangs by Laerskool Randfontein aan die Subdistrik Kampioenskappe.

Op Donderdag, 17 Februarie was die veld gepak met atlete wat aan verskeie items deelgeneem het, soos vêrspring, hoogspring, hekkies, diskus en vele meer.

Leon Ubisse van Venterspost Primary School. Foto: Michelle Roodt.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het vertel dat 26 atlete van RAM Subdistrik-plekke behaal het en gekwalifiseer het om aan die D2-atletiekbyeenkomste deel te neem wat in Noordheuwel plaasgevind het.

Tydens die Subdistrik Kampioenskappe het Karmien Potgieter die 1 500m in 5,06 minute afgelê.

Loago Tshezi van Randfontein Primary School. Foto: Michelle Roodt.

Volgens Annie het vier van die 26 leerders D2-kleure verwerf en gaan aan die Gauteng Kampioenskappe deelneem.

“Ons by RAM is baie trots. Dit verg verskriklik baie oefening van die kinders wat hardloop, spring en gooi om sulke rekords en goeie tye te behaal.

“Die atlete word jaar na jaar net beter en dit is vir ons baie mooi.”

Mpilwentle Mekgwe van Randfontein Primary School. Foto: Michelle Roodt.
Simile Mvubu van Randfontein Primary School. Foto: Michelle Roodt.
Kuyole Bombela van Gerrit Maritz Primary School. Foto: Michelle Roodt.
Mabe Ngano van FJL Wells Primary School. Foto: Michelle Roodt.
Realebga Malokwe van Randfontein Primary School. Foto: Michelle Roodt.
Loago Tshezi van Randfontein Primary School. Foto: Michelle Roodt.
Henk Nolan van Laerskool Randfontein. Foto: Michelle Roodt.
Exit mobile version