NewsSchools

Momentum skenk leesboeke, loods inkleurkompetisie en meer by Ramkriekies

Momentum het 'n inkleurkompetisie vir die kleuters van Ramkriekies geloods en leesboeke geskenk om terug te gee aan die gemeenskap.

Versekeringmaatskappy Momentum het onlangs Ramkriekies besoek en onder andere ‘n kompetisie geloods asook leesboeke geskenk.

“Ons het dit goedgedink om die kleuterskool te besoek en ‘n inkleurkompetisie vir die kleuters te bied waar die wenners ‘n kontantprys kan wen,” het Jonty Meades, ‘n finansiële adviseur by Momentum gesê.

Die wenner in elke klas sal R300 kontant ontvang, en vir die tweede plek sal drie leerders elk R150 kry.

“Die wenners van die Graad R-klasse word op 25 Februarie gekies en ons sal in kontak kom met die ouers om die kontantpryse aan die kinders te oorhandig.”

Lekkergoedpakkies is uitgedeel en leesboeke wat Momentum self aangekoop het, is vir die kleuterskool geskenk.

Ons hoofdoel is om iets terug te gee aan die leerders en gemeenskap,” het Paul Grobler, ook ‘n finansiële adviseur by Momentum bygevoeg.

Jonty het bygevoeg, “Ons vra ook elke ouer om op ‘n manier deel te neem deur ‘n vorm met hul besonderhede in te vul sodat ons hulle kan help om die beste moontlike beplanning vir hulle en hul gesinne te doen. Ons sal kan bepaal of hul enige lewensversekering, aftree-annuïteite, siekte- of ongeskiktheidsdekking, of ‘n gratis testament nodig het.

“Omdat ons is onsekere tye lewe help ons elke ouer/ familie om seker te maak dat daar in die toekoms na hulle en hul kinders omgesien sal word.”

Related Articles

Back to top button