NewsSchools

Poortloop-seremonie vir Riebeeckrand Graad 8-leerders

Elke Graad 8-leerder van Hoërskool Riebeeckrand stap na die inburgeringsprogram deur Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckrander beskou te word.

Hoërskool Riebeeckrand se Graad 8-leerders is nou volwaardige Riebeeckranders.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het van Riebeeckrand se pragtige tradisie van Poortloop vertel.

Elke Graad 8-leerder van Hoërskool Riebeeckrand stap na die afloop van die inburgeringsprogram deur die skool se Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckranders beskou te word.”

Die hekke van die Poort is op Vrydag, 4 Februarie oopgesluit sodat die Graad 8-leerders daardeur kon stap.

“Elke leerder wat deur die poort geloop het, se skoolbaadjie is vir hulle deur ‘n seniorraadslid aangetrek en hulle het ‘n sertifikaat van die hoof en beheerliggaam ontvang.”

Die Poortloop-seremonie by Hoërskool Riebeeckrand. Foto ingestuur.

Sy het vertel dat ouers ook die spesiale seremonie bygewoon het en kon foto’s en video’s van hul kinders neem sodat hulle altyd die dag kan onthou.

Alle Graad 8’s was ongelooflik bly dat hulle nou beskou word as volwaardige Riebeeckranders nadat hulle deur die Poort se hekke gestap het.

Dit is die skool se wens dat al die leerders welkom voel by hul pragtige skool.

Melisca Wray, Riebeeckrand-hoof Annelize van den Berg, en Lesedi Kubjana. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button