Local newsNewsUpdate

Weermagveteraan kry sy rolstoel

Johannes Swart glimlag deesdae van oor tot oor nadat die SA Weermag Infanterie-groep se Wes-Rand-tak na hom uitgereik het

Die 63-jarige Johannes Swart wat by Helikonpark Pick n Pay sit en gebottelde produkte verkoop glimlag deesdae van oor tot oor.

Dit alles nadat die SA Weermag Infanterie-groep se Wes-Rand-tak na hom uitgereik het.

Lees ook: Oudweermaglid se tuisgemaakte produkte is baie gewild

Mike Bopp, ‘n komiteelid van die tak het vertel dat hul van Johannes te hore gekom het danksy ‘n plasing opĀ FacebookĀ en hulle het toe na hom gaan soek.

“Ons het met hom gepraat en gehoor dat hy ook in die Mag was. Ons het navraag gedoen en uitgevind wat met hom gebeur het,” het Mike vertel.

Hulle het nie net vir Johannes ‘n nuwe rolstoel geskenk nadat hy vertel het dat syne basies uit die ark kom nie.

Ons het na ā€˜n welstandskliniek geneem waar hulle die oorblywende gedeelte van sy geamputeerde onderbeen geĆ«valueer het en vir hom ‘n nuwe skoen gratis gegee het omdat die skoen wat hy aangehad het nie reg was nie.”

Dit sal die SA Weermag Infanterie-groep ongeveer R30 000 kos om vir Johannes ‘n kunsbeen te kry, daarom probeer hulle om die fondse daarvoor in te samel. Die kliniek sal die kous wat hy nodig het ook gratis gee maar dan moet daar eers ‘n deposito van R15 000 betaal word sodat hul kan aangaan met die proses.

“Ons is ā€˜n organisasie sonder winsoogmerk wat baie min donasies kry, maar ons wil vir Johannes enduit help omdat ons na ons medeveterane omsien. Hy is immers een van ons,” het Mike verduidelik.

As enigiemand vir Johannes wil help om ‘n kunsbeen te kry, skakel vir Mike Bopp by 078 819 8955.

Related Articles

Back to top button