Local newsNews

Koop ‘n lootjie en wen ‘n splinternuwe modelmotor … als vir Kendra!

WEN 'N MODELMOTOR! Die Randfontein Herald verkoop tans lootjies om geld in te samel sodat Kendra Harmse plastiese chirurgie kan ondergaan.

Die Herald beplan ‘n lootjie-fondsinsameling vir Kendra Harmse – die sesjarige dogtertjie wat aan ‘n seldsame veltoestand ly.

Haar ma, Jana Harmse het vertel dat haar dogter gebore is met Giant nevus – ‘n veltoestand wat gekenmerk word deur ‘n donker vlek met abnomale haargroei. Dié nevus is op Kendra se gesig en sy het al vier operasies ondergaan waartydens die nevus verwyder is en vel oorgeplant is. Jana wil graag geld insamel sodat Kendra plastiese chirurgie kan ondergaan sodat sy kan voel dat sy net soos ander kinders is.

Die volle opbrengs van die lootjieverkope sal aan Kendra geskenk word om te help om die nodige mediese kostes te dek.

‘ n Anonieme inwoner het die prys geskenk – ‘n splinternuwe rooi Toyota 86 GT-modelmotor. Dié modelmotor word tans vir ongeveer R2 500 verkoop en is sterk in aanvraag.

Die enjinkap, kattebak en deure kan oopmaak, en die detail is net soos dié van die ware Jacob – boonop splinternuut en reg om mee gespog te word.

Kendra Harmse. Foto: MIchelle Roodt.

Hoe die lootjie werk:

• ‘n Lootjie beloop R25 en kan net met kontant gekoop word.
• Deelnemers moet hul volle besonderhede gee wanneer hulle die lootjie by die Herald se kantore in Homelake, Randfontein gaan koop. ‘n Kwitansie sal as bewys van betaling uitgereik word.
• Die fondsinsameling begin op die dag van liefde, Valentyndsdag, 14 Februarie en strek tot en met 28 Februarie.
• Die deelnemers se name sal in ‘n boks gegooi word en ‘n gelukstrekking sal deur Jana saam met die Herald gedoen word. Die plek en tyd van die trekking sal later aangedui word.
• Deelnemers kan soveel lootjies koop as wat hulle wil, wat natuurlik hul kans om te wen sal verbeter!

Vir meer besonderhede kontak Clinton Botha by 011 955 1130 of Michelle Roodt by 074 657 0488.

Die rooi Toyota 86 GT-modelmotor wat gewen kan word. Foto: Michelle Roodt.
Die rooi Toyota 86 GT-modelmotor wat gewen kan word. Foto: Michelle Roodt.
Die rooi Toyota 86 GT-modelmotor wat gewen kan word. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button