NewsSchools

Riebeeckrand verwelkom groentjies met The Royal Bachelorette-tema

Hoƫrskool Riebeeckrand se nuwe Graad 8-leerders het hul groentjiekonsert met kleurvolle kostuums, gekleurde beligting en groot entoesiasme aangepak.

Dit was weer tyd vir die jaarlikse groentjiekonsert by Hoƫrskool Riebeeckrand en die Graad 8-leerders het alles uitgehaal om hul beste voetjie voor te sit.

Vanjaar se tema wasĀ The Royal Bachelorette, en daar was kleurvolle kostuums, gekleurde beligting en groot entoesiasme.

Thagalo Sello en Pule Xaba. Foto: Michelle Roodt.

Hoofdogter Kaela Smuts het die storie vertel van ‘n prinses wat soos die gewilde TV-reeks karakter Nanny McPheeĀ was ā€“ lelik aan die begin maar soos wat sy verlief raak, het sy mooier geword. Haar ouers was baie bekommered want sy wou nie trou nie en toe reĆ«l hulle met ‘n koninklike adviseur vir haar ‘n vrygesel (bachelor). Daar was nege waaruit sy kon kies, onder andere Riebeeck van Rand, en dit is wie sy uiteindelik gekies het.

Armand Martins en Melisca Wray. Foto: Michelle Roodt.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat hoofdogter Kaela Smuts en onderhoofdogter Karla Henning die teks geskryf het. Hulle het ook die hoofkarakters afgerig, en die dansgroepe is deur die seniorraadslede afgerig.

Hierdie jaar se groentjiekonsert was een vir die boeke. Die Graad 8-leerders het hulself deeglik geniet en hul gehoor behoorlik vermaak.

Ryan da Silva. Foto: Michelle Roodt.
Omphemetse Ntoagae haal die beste danspassies uit. Foto: Michelle Roodt.
Calvin Smith geniet homself. Foto: Michelle Roodt.
Donavan Groenwald, Jayden Viljoen en Carlo Jacobs. Foto: Michelle Roodt.
Kennedy Ranna. Foto: Michelle Roodt.
Waldo van Aswegen. Foto: Michelle Roodt.
Carlo Jacobs. Foto: Michelle Roodt.
Bianka Gumede in aksie. Foto: Michelle Roodt.
Dakota Naude op die verhoog. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button