Local newsNews

VLU hekel en brei vir ‘n goeie doel

Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Ridderspore-aandtak het komberse aan Baby G Safe Haven geskenk sodat hulle warm kan bly vir die winter wat kom.

Die lede van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Ridderspore-aandtak het onlangs baie hard gewerk om komberse te hekel en te brei vir ‘n organisasie wat dit nodig het.

Voorsitter van die tak, Gerda Benadie het vertel dat elke dame in die tak een of twee komberse gemaak het om te skenk. Dié wat nie een kon maak nie kon een koop, en dit word dan ook geskenk.

“As jy hekel of brei dan vat dit langer om ‘n kombers te maak, maar om die gevlegde komberse te maak vat omtrent 30 minute. Ons maak elke jaar sulke komberse.”

Hulle het besluit om die nege komberse aan die eienaar en stigter van Baby G Safe Haven, Zelda Bierman te skenk.

“Ek voel baie bly en geseënd oor die skenking; ons het altyd komberse nodig. Ek sit onlangs en dink die winter is klaar weer op pad en met hierdie weer het jy regtig altyd komberse nodig. As ek na die gehekelde komberse kyk, sien ek dit is met soveel liefde gemaak. Dit is pragtig,” het Zelda gesê.

Die pragtige komberse wat oorhandig is. Foto: Michelle Roodt.

Danksy die VLU se Ridderspore-aandtak kan die kleintjies waarna Zelda omsien lekker warm bly gedurende die kouer dae en maande.

Related Articles

Back to top button