NewsSchools

RAM verwelkom nege opgewonde personeellede!

Al hul nuwe personeellede is uiters opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk van hul lewens om verskille in kinders se lewens te maak.

Die skooljaar het by Laerskool Randfontein op ‘n hoë noot begin toe die skool nege nuwe personeellede verwelkom het.

RAM stel graag hul nuwe personeel aan die Randfontein-gemeenskap voor.

Francois Kyter het ‘n passie vir kennis en sport, en kon nie wag om sy eie Graad 4-voogklas te kry nie.

Joshulana Viviers is nuut by die kleuterskool.

Ek is baie lief vir kinders, en dit is vir my ‘n voorreg om met die klein lyfies te werk. Ek geniet my werk en die maats in my klas.”

Miranda Carlson gee Engels vir Graad 7’s. “Ek het 12 jaar ervaring in die onderwys. Ek beskou elke leerder as ‘n unieke ‘blommetjie’ in my tuin van herinnering, elkeen met sy eie kleur en geur, en ek wil ‘n invloed op elke ‘blom’ hê. Groei waar jy geplant is en maak ‘n verskil waar jy kan.”

Danielle van Rooyen is ‘n Graad 2-onderwyser en het haarself as hardwerkend en energiek beskryf. Sy het vertel dat sy altyd voor in die ry staan as ‘n uitdaging sy verskyning maak. “Jy blus my entoesiasme moeilik en my leuse is ‘Stay strong, stay positive, and never give up’.”

Sommige van die nuwe personeellede. Foto: Annie Nolan.

Sandri Appelcryn is RAM se nuwe berader en gaan alle maats help wat deur moelike tye gaan. “Ek voel altyd dat ons net een kans het om te lewe … ‘Face it, embrace it, love it!’”

Yolandi Scheepers is RAM se vriendelike ontvangsdame. Sy het ‘n passie vir mense en hou daarvan om almal te help. Sy plak ook die pleisters en sien om na siek maats.

Daar is ook ‘n aantal nuwe studente by die skool.

Waldo Thiart is by RAM om sy kennis en liefde van sport uit te brei en aan die kinders oor te dra.

Kylie Janke se liefde vir kinders het haar verskeie beroepe laat oorweeg maar uiteindelik was onderwys die enigste en sinvolste opsie.

Yolandi Vermeulen het die volgende gesê, “My liefde vir kinders speel ‘n baie groot rol in wat ek besluit het om te leer, en dit is baie lekker om met kinders te werk en hulle te leer ken”.

Sandri Appelcryn, Danielle van Rooyen,Miranda Carlson en Yolandi Scheepers. Foto: Annie Nolan.
Jushulana Viviers en Francois Kyter. Foto: Annie Nolan.

Related Articles

Back to top button