MunicipalNews

Dele van dorp skoongemaak na vrou se pleidooi om dorp skoon te hou

Vier inwoners van Randfontein het besluit om die vullis voor 'n informele nedersetting skoon te maak om die dorp beter te laat lyk.

Vier inwoners van Randfontein het onlangs besluit om hul deel te doen en die vullis voor ‘n informele nedersetting skoon te maak.

Barend Kotze, 30, ‘n Mr Randfontein 2021/2022-finalis het besluit om op Saterdag, 22 Januarie daar te gaan skoonmaak en goedere uit te deel.

Hy het vertel dat nadat hy op die artikel oor Kobie Myburgh op die Herald se Facebook-blad afgekom het, hy vir Kobie gebel en vir haar vertel het dat hulle wil betrokke raak.

Lees ook: ‘Help keep the town clean’ – Resident pleads with community

“Ek het vir haar gesê dat ons graag wil hande vat en betrokke raak om die gemeenskap te leer om self skoon te maak om hul eie higiëne te bevorder. Ons groep het toe met die hulp van die inwoners die informele nedersetting se rommelhoop gaan opruim.” Die groep bestaan uit Kobie, Barend, Margareth Jonker, Marinda Troskie en sekere inwoners.

Barend Kotze deel pakkies uit tydens die skoonmaak. Foto: Michelle Roodt.

Volgens Barend hou die rommel ‘n groot gesondheidsrisiko vir die gemeenskap en omliggende areas in omdat kinders daarin speel en riool daar opdam.

Die inwoners beweer dat een groot vullishouer (skip bin) nie genoeg is nie omdat die houer verwyder word om leeggemaak word en eers ‘n paar dae later teruggebring word. Die inwoners gooi dan bloot hul afval op die grond, en wanneer die vullishouer teruggebring word, lê daar reeds ‘n hoop vullis,” het Barend verduidelik.

“Ons wil ‘n verskil maak in Randfontein … of dit nou met skoonmaak te doen het of beteken ons moet na mense in nood uitreik. Dit is ons dorp, ons moet hande uitsteek na waar daar nood is, en as ons ‘n verskil kan maak dan is dit ‘n voorbeeld vir die dorp dat almal moet saamstaan en hande vat vir ‘n skoner Randfontein waarop almal trots kan wees,” het hy vertel.

Hulle het ook handontsmettingsmiddel, handskoene en maskers, asook lekkergoedpakkies vir die kinders en broodjies met warm skyfies vir die inwoners uitgedeel wat so hard saam met hulle gewerk het.

Marinda Troskie besig om skoon te maak. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button