Local newsNews

Bekende veeartspaartjie emigreer

Veeartse dokters Johan en Carien Naudé verruil Randfontein en sy mense vir Australië om 'n nuwe avontuur te begin.

Veeartse dokters Johan 32, en sy vrou Carien Naudé, 29, verruil Randfontein en sy mense vir Australië.

Johan en Carien noem nou Bairnsdale in die Australiese staat Victoria hul tuiste. Albei gaan daar by ‘n groot praktyk werk en hul nuwe avontuur het reeds op Dinsdag, 18 Januarie begin.

Johan was van einde 2015 tot en met Januarie vanjaar een van die vennote van Randfontein Dierehospitaal, maar hy is eintlik sy lewe lank deel van die praktyk waarvan sy familie die eienaars is.

Carien, Johan en Johan se pa, Hendrik Naude. Foto ingestuur.

Johan het verduidelik dat ‘n kombinasie van faktore hulle laat besluit het om te emigreer.

Ons het al baie daaraan gedink om oorsee te gaan. Ek is baie lief vir Suid-Afrika en ek wou nooit regtig gaan nie, maar die Here wil hê ons moet op ‘n ander plek wees en dit het ons laat besluit om oorsee te gaan woon. Ons glo definitief dit is die Here wat ons op ‘n ander plek nodig het.”

Hy het vertel dat dit nie oor groener weivelde gaan nie. Hy het vertel dat hy al in Australië was en dat dit nie vir hom daar juis beter was nie.

“Suid-Afrika, en Randfontein, sal my altyd na aan die hart lê. Ek het in Randfontein grootgeword en gaan al daardie herinneringe mis. Al ons avonture wat ons gehad het in Suid-Afrika, ons oefeninge, warrior races, ons troue en al daardie goeie herinneringe sal ek altyd koester.”

Lees die volledige storie in die Herald se 28 Januarie-uitgawe.

Carien en Johan Naudé verruil Suid-Afrika vir Australië. Foto ingestuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Randfontein Herald in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button