Local newsNews

Bekende veeartspaartjie emigreer

Veeartse dokters Johan en Carien Naudé verruil Randfontein en sy mense vir Australië om 'n nuwe avontuur te begin.

Veeartse dokters Johan 32, en sy vrou Carien Naudé, 29, verruil Randfontein en sy mense vir Australië.

Johan en Carien noem nou Bairnsdale in die Australiese staat Victoria hul tuiste. Albei gaan daar by ‘n groot praktyk werk en hul nuwe avontuur het reeds op Dinsdag, 18 Januarie begin.

Johan was van einde 2015 tot en met Januarie vanjaar een van die vennote van Randfontein Dierehospitaal, maar hy is eintlik sy lewe lank deel van die praktyk waarvan sy familie die eienaars is.

Carien, Johan en Johan se pa, Hendrik Naude. Foto ingestuur.

Johan het verduidelik dat ‘n kombinasie van faktore hulle laat besluit het om te emigreer.

Ons het al baie daaraan gedink om oorsee te gaan. Ek is baie lief vir Suid-Afrika en ek wou nooit regtig gaan nie, maar die Here wil hê ons moet op ‘n ander plek wees en dit het ons laat besluit om oorsee te gaan woon. Ons glo definitief dit is die Here wat ons op ‘n ander plek nodig het.”

Hy het vertel dat dit nie oor groener weivelde gaan nie. Hy het vertel dat hy al in Australië was en dat dit nie vir hom daar juis beter was nie.

“Suid-Afrika, en Randfontein, sal my altyd na aan die hart lê. Ek het in Randfontein grootgeword en gaan al daardie herinneringe mis. Al ons avonture wat ons gehad het in Suid-Afrika, ons oefeninge, warrior races, ons troue en al daardie goeie herinneringe sal ek altyd koester.”

Lees die volledige storie in die Herald se 28 Januarie-uitgawe.

Carien en Johan Naudé verruil Suid-Afrika vir Australië. Foto ingestuur.

Related Articles

Back to top button