Local newsNews

VLU Middelvlei-taklid kry erelidmaatskap

Lettie Bosman is vir die afgelope 12 jaar 'n lid van die Vrouelandbou-unie se Middelvlei-tak.

Na talle jare as lid van die Vrouelandbou-unie se Middelvlei-tak het die 80-jarige Lettie Bosman groot erkenning gekry.

Erelidmaatskap van die VLU is onlangs aan haar toegeken.

Sy het dit glad nie verwag nie en toe voorsitter, Ria Herbst dit aangekondig het, was sy eers geskok en toe opgewonde.

Lettie is al vir die afgelope 12 jaar lid van die Middelvlei-tak nadat sy in Maart 2010 aangesluit het.

Dit is vir my ‘n groot voorreg om erelidmaatskap te ontvang,” het sy vertel.

Volgens haar het sy destyds by die VLU aangesluit omdat dit ‘n organisasie is waar jy baie kan leer en lekker gesels.

Sy het vertel dat dit vir haar die heel lekkerste is wanneer nuwe velde bekend gestel word en al die dames saamstaan en lekker saamwerk.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button