Nuwe bestuur vir VLU Middelvlei-tak

Vrouelandbou-unie (VLU) se Middelvlei-tak het onlangs hul eerste vergadering van 2022 gehou asook hul nuwe bestuur gekies.

Die dames van die Vrouelandbou-unie (VLU) se Middelvlei-tak het op Donderdag, 13 Januarie by Cafe Esspresso bymekaar gekom vir hul eerste vergadering van 2022 asook die verkiesing van hul nuwe bestuur.

Na die verkiesing het die dames ‘n heerlike ontbyt saam geniet en nuus uitgeruil na die lang vakansie. Hulle het ook twee nuwe lede by die VLU verwelkom.

Die nuut verkose bestuur is soos volg:

• Voorsitter – Ria Herbst
• Visevoorsitter – Elaine de Koker
• Sekretaresse – Lizelle Viviers
• Tesouriere – Judie Wagner
• Puntebeampte – Bokkie Meyer
• Addisionele lede – Frances van der Merwe, Anna Marie van Dyke-Geyser en Trudy Holtzhausen

Anna Marie en Trudy is die nuwe lede wat aangesluit het.

Ria het vertel dat hulle baie uitsien na die jaar wat voorlê.

Die dames tydens die vergadering. Foto: Michelle Roodt.
Exit mobile version