NewsSchools

Nuwe groep Graad 1’s vir RAM

Dit was uiteindelik tyd vir die nuwe groep Graad 1's om grootskool toe te gaan!

Daar was groot opgewondenheid toe Laerskool Randfontein hul nuwe groep Graad 1’s van 2022 verwelkom het.

Die klein leerdertjies het met groot tasse vol boeke, blink skoene en baie entoesiasme by die skoolsaal ingestap om hul Ram-paspoorte en -hemde te kry, waarna hulle na hul klasse toe is om nuwe maats en hul onderwyser te ontmoet.

Amorey Garnett-Bennett kan nie wag vir pouse nie. Foto: Michelle Roodt.

Al die leerders was baie opgewonde om uiteindelik na die lang wag in die grootskool te wees en hul eerste amptelike dag op Dinsdag, 11 Januarie te begin.

“My last born is going to school, it’s emotional in a happy way, and I’m proud of her,” het Lebogang Phoshane gesĂŞ.

JĂłvon Coetzee kan nie wag om rugby te speel nie. Foto: Michelle Roodt.

Die maats was nie eers bang nie, want ‘n trotse mamma en pappa was daar langs hul klein lyfies wat hierdie nuwe fase in hul lewens begin.

Ons is baie opgewonde oor ons laaste kind wat Ram toe gaan! Ram is tops,” het Maryna de Kocker vertel.

Tweeling Milieke en Chantelee KrĂĽger saam met hoof Leon Haupt. Foto: Michelle Roodt.
Devin du Preez en Francois Schourie is reg vir grootskool. Foto: Michelle Roodt.
CJ Herbst sien daarna uit om lekker te werk. Foto: Michelle Roodt.
Lerizè Pruis saam met pappa Anton en mamma Mandy. Foto: Michelle Roodt.
Lucy de Koker saam met Ramkat. Foto: Michelle Roodt.
Caramia Jansen van Rensburg saam met mamma Carla en hoof Leon Haupt. Foto: Michelle Roodt.
Die 2022 Graad 1-groep van Laerskool Randfontein is reg vir grootskool. Foto: Michelle Roodt.
Mikayla Mennigke sien uit om huiswerk te doen. Foto: Michelle Roodt.
Lebogang Phoshane, Tshepiso Ntokwe en Babalwa Phoshane. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button