NewsSchools

Rappies neem afskeid van gesoute onnie by jaareindfunksie

Laerskool Rapportryer het in Desember 'n prag jaareindfunksie aangebied en terselfdertyd afskeid geneem van Johan Venter wat na 43 jaar die onderwys gegroet het.

Personeellede van Laerskool Rapportryer het op Woensdag, 8 Desember hul jaareindfunksie gehou waartydens hulle afskeid geneem het van ‘n geliefde onderwyser, Johan Venter, wat afgetree het.

Die personeel het moeite gedoen om hul tafels te versier, en die tafel wat volgens die beoordelaars die mooiste gelyk het, is met ‘n prys beloon.

Johan het sy onderwysloopbaan op 1 Januarie 1979 by Laerskool Rapportryer begin.

Ek was van begin tot einde ‘n Rappie en sal altyd een wees,” het Johan vertel.

Hy het Wiskunde, Aardrykskunde en Geskiedenis gegee, maar Wiskunde was altyd sy passie en dit sal nooit verander nie. In 2008 word hy aangestel as adjunkhoof.

Jason en Kyle Storm (agter), Errard Ernstig, Tiaan Nel en Kobus Labushagne. Foto: Michelle Roodt.

Johan het vertel dat hy alles by Rappies gaan mis en dat daar soveel mooi herinneringe is dat dit moeilik is om een uit te sonder.

“Ek gaan die kinders, my kollegas en my skoolbabas (studente), en al die vinnige geselsies en die inloer by die klasse mis. Sou ek verlang kan ek net terugdink aan al die mooi wat ek vir ewig sal koester.”

Suzette Luus, Toinette Pretorius en Cecile Hayes. Foto: Michelle Roodt.

Johan het vertel dat hy in Februarie vanjaar 66 jaar oud word en dan in die fleur van sy lewe gaan wees.

“Vir eers gaan ek die rustyd gebruik om saam met my vrou en kinders te wees en my kleinkinders te sien grootword, en soveel moontlik van hul sport en dinge by te woon.”

Johan, jy het ‘n lang skof in die onderwys agter die rug. In die proses het jy help skryf aan die geskiedenis van Rapportryer. Jy het deur die jare duisende leerders se lewens aangeraak en karakters help vorm. Jou voetspore is onuitwisbaar ingegraveer in die harte van kollegas, leerders en ouers.

“Jy het soveel brandstof aan herinneringe vir jour reis op die goue hoofweg van die lewe. Mag daar baie kilometers se veilige en genotvolle reistyd vir jou beskore wees. Hamba Kahle!!” het Frik Badenhorst, voormalige Rappies-hoof vertel.

Michelle Olwagen en Andrè Kruger. Foto: Michelle Roodt.
Esme Botha en Belinda Jansen van Vuuren. Foto: Michelle Roodt.
Rina Bootha, Amanda van Dyk en Lulu Snyman. Foto: Michelle Roodt.
CJ Nel en Lizette Furstenburg. Foto: Michelle Roodt.
Clarise Hoffman, Mariska vd Merwe en Magda Swart. Foto: Michelle Roodt.
Die tafels was pragtig gedek. Foto: Michelle Roodt.
Die tafels was pragtig gedek. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button