Riebeeckrand se beste in sport vereer

Erkenning is onlangs gegee aan talle sportleerders van Hoërskool Riebeeckrand.

Talle sportseuns en -dogters is op Vrydag, 3 Desember tydens Hoërskool Riebeeckrand se jaarlikse sportprysuitdeling vereer.

Skoolwoordvoerder Elzeri Wright het vertel dat dit altyd lekker is om vir hul leerders erkenning te gee.

“Hulle kan huis toe gaan met die wete dat Riebeeckrand baie trots op hulle is. Alhoewel alle sportsoorte nie vanjaar ten volle kon deelneem aan die ligas nie, gee die skool steeds erkenning aan die deelnemers van die sportsoorte wat wel die geleentheid gehad het om te kompeteer.”

Die volgende trofeë is oorhandig:

Boogskiet:

• Topseunskut – Jayden Esterhuizen
• Topdogterskut – Leane van Zyl
• Algehele topskut – Jayden Esterhuizen

Jukskei:

• Beste vordering – Junior Khumalo
• Mees waardevolle speler – Mardo Pieterse

Netbal:

• Beste junior speler – Karabo Motsisi
• Beste senior speler – Chantey Zaayman
• Netbalspeler van die jaar – Devonique Breedt

Rugby:

• Junior speler van die jaar – Johan Collins
• Senior speler van die jaar – Shaun Rowen

“Die hoogste toekenning genaamd lourierkleure is aan twee van ons leerders oorhandig. Lourierkleure bestaan uit ‘n spesiale wit baadjie met ‘n goue draad, louriersakwapen en ‘n goudgeborduurde balkie wat die kategorieë benoem waarin die prestasie gelewer is.”

Sy het vertel dat Jayden Esterhuizen lourierkleure ontvang het omdat hy in die provinsiale boogskietspan opgeneem is en ‘n gemiddeld van 286 tydens kompetisies handhaaf; Unicus van Wyk is deel van die SA-perdryspan en het daarvoor lourierkleure ontvang.

“Riebeeckrand sien daarna uit om volgende jaar weer al hul sportsoorte voluit aan te pak en hul prestasies te verbeter. Die Riebeeckrand-familie is trots op elke leerder wat deur die jaar aan sportitems deelgeneem het, toekennings ontvang het en deurentyd hul beste gegee het.”

Exit mobile version