Randfontein Rugbyklub se uitblinkers vereer tydens hul gesellige prysuitdeling en jaareindfunksie.
Franco Tiedt ontvang die trofee vir die Beste Eerstespan-agterspeler by Willem van Loggerenberg. Foto: Michelle Roodt.
Greenhills — Randfontein Rugbyklub het 2021 op 'n hoë noot afgesluit met 'n gesellige prysuitdeling en jaareindfunksie wat op Vrydag, 10 Desember by die klub gehou is.
Die funksie het begin deur erkenning te gee aan al die spelers en spanne wat deur die jaar presteer het.
Na die prysuitdeling het die spelers, afrigters en gaste lekker geëet en gesels.
Die volgende toekennings is gedoen:
• Span wat die beste presteer het – o.20's
• Sportmangees (junior) – Waldo Horn
• Sportmangees (senior) – Ewald Oberholzer
• Mees verdienstelike lid – Michael Grobler
• Meeste inisiatief – Frik Viviers
Beste spelers:
o.20's:
• Voorspeler: Wian Wray
• Agterspeler: Dylan Viviers
Tweedespan:
Voorspeler: Trevor Chauke
Agterspeler: Divan van Vollenstee
Eerstespan:
Voorspeler: Christoff Kleyn
Agterspeler: Donavan Jonker en Franco Tiedt
• Beste vordering (junior) – Azile Gqolada
• Beste vordering (seniors) – Lenton Jamani en Mpho Tjale
• Afrigters van die Jaar (juniors) – o.20's
• Afrigters van die jaar (seniors) – Eerste- en tweedespan
• Beste spanbestuurder – Frik Viviers
• Spesiale toekenning (Seniorburger) – Theo Calitz
• Sportman van die Jaar (junior) – Coenie van Wyk
• Sportman van die Jaar (senior) – Eben Vorster
• Mees verdienstelike span – o.20's
• Spelers se Speler van die Jaar 2021 – Christoff Kleyn