Local newsNewsSchools

Talle presteer tydens Riebeeckrand se jaarlikse kultuurprysuitdeling

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs erkenning gegee het aan hul leerders vir hul kultuurprestasies deur die jaar.

Hoërskool Riebeeckrand het ‘n spog kultuurprysuitdeling aangebied toe hulle op Vrydag, 3 Desember erkenning gegee het aan hul leerders vir hul kultuurprestasies deur die jaar.

Volgens skoolwoordvoerder Elzeri Wright is Riebeeckrand ryk aan kultuuraktiwiteite en daar is ‘n wye verskeidenheid waaraan hul leerders kan deelneem.

“Met topklasafrigting wat die skool aanbied word die leerders se talente verder ontwikkel en hulle presteer uitstekend by verskeie kompetisies.”

Die jaar se spesiale toekennings is soos volg:

• Beste eisteddfod-prestasie – Deoné Scheepers
• Beste junior redenaar – Drytton Barnard
• Beste senior redenaar – Devonique Breedt
• Beste senior public speaker – Anakin Slabbert
• Beste toneelspeler – Dallyn Windvogel

Die veelsydigste leerder in elke graad is ook aangewys:

• Deoné Scheepers – Graad 8
• Drytton Barnard – Graad 9
• Rick van den Berg – Graad 10
• Marli Theunissen – Graad 11
• Dallyn Windvogel en Devonique Breedt – Graad 12

Die hoogste toekenning wat tydens die aand oorhandig s, is lourierkleure. Dit is ‘n spesiale wit baadjie met ‘n goue draad, louriersakwapen en ‘n goudgeborduurde balkie met die kategorieë waarin die prestasie gelewer is.

“Ons is baie trots op Dallyn Windvogel wat sy lourierkleure ontvang het vir toneelspel – hy is voorwaar ‘n kultuurboffin!”

Sy het vertel dat die Riebeeckrand-familie trots is op elke leerder wat deur die jaar getrou hul oefeninge bygewoon het, toekennings ontvang het en deurentyd hul beste gegee het.

Related Articles

Back to top button