NewsSchools

‘Gemaak om spore te los’ – Rappies-leiers van 2022

Laerskool Rapportryer het onlangs hul nuwe Graad 7-leiers aangewys wat baie daarna uitsien om die skool in 2022 te lei.

Laerskool Rapportryer het op Woensdag, 10 November hul nuwe leiers vir 2022 bekendgemaak.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat leiers by hul skool gekweek word vir die toekoms.

By Rappies word ons leiers met twee vingers gekies – soos fyn porselein,” het sy gesê.

Sy het vertel dat leiers by hul skool geskep word om ander te laat skyn, danksy personeel en ouers se begeleiding en steungewing.

“Ons is gemaak om spore te los,” het sy vertel.

Namens skoolhoof Andrè Kruger, leiervoog Magda Swart en elke Rappie-leerder sê Esme baie geluk aan al die leiers van 2022.

“Mag dit vir julle ‘n wonderlike jaar wees.”

Die Rappies-hoofleierkorps is van agter Stiaan Hugo, Anje Pieterse, Milaan Jacobs en Jason Fiford met Joamarie van der Westhuizen (hoofdogter) en Christo Collins (hoofseun) voor. Foto ingestuur.

Die hoofleiers vir 2022 is soos volg:

• Hoofseun – Christo Collins
• Hoofdogter – Joamarie van der Westhuizen
• Onderhoofseuns – Stiaan Hugo en Jason Fiford
• Onderhoofdogters – Anje Pieterse en Milaan Jacobs

Related Articles

Back to top button