Ram-skaakspelers presteer tydens D2-proewe

Een van Laerskool Randfontein se skaakspelers, Christiaan Nolan, is onlangs opgeneem in die D2-span.

Vir Laerskool Randfontein is skaakspeel ‘n ernstige saak.

Magda Graaff, die skaakonderwyser het vertel dat hul skool jaarliks aan verskeie kompetisies deelneem en alhoewel die geleenthede vanjaar minder was, het Ram weereens hul staal gewys.

“Gedurende 2021 is skaakdeelname beperk tot die o.13-afdeling,” het sy gesê.

Vier van Ram se skaakspelers, Dylan Botha, Arend Joubert, TJ Joubert en Christiaan Nolan het onlangs deelgeneem aan die D2-proewe wat by Hoërskool Bastion gehou is.

Die spelers het baie goed gevaar, en Christiaan is in die D2-span opgeneem.

Hy het op Saterdag, 16 Oktober in Pretoria aan die Gauteng Skaakkampioenskappe deelgeneem waar hy drie uit vyf rondtes gewen het.

“Dit is voorwaar ‘n puik prestasie!,” het Magda vertel.

Die proewe vir die Wes-Rand Skaakspan vind op Saterdag, 4 Desember plaas by Randfontein High School waarvoor verskeie Rammies ingeskryf het.

Laerskool Randfontein se skaakspelers sien baie uit na 2022. Dit sal so lekker wees om weer aan die Super Reeks Skaaktoernooi, die plaaslike liga en proewe deel te neem. Mag julle harde werk beloon word en jul drome vlerke kry … skaakmat!”

Exit mobile version