Local newsNews

KYK: Ons ‘Singing Trucker’ ontvang toekenning

Die man met die unieke diep stem het onlangs 'n toekenning verwerf.

Werner de Beer, beter bekend as Grizz the Singing Trucker wat diep in mense se harte ingekruip het, het ‘n South African Country Music Artist Federation- (SACMAF-) toekenning gewen vir sy oorspronklike liedjie, A Trucker’s Prayer.

Die 50-jarige kunstenaar het onlangs die toekenningsaand saam met sy vrou Naomi bygewoon. Naomi het die liedjie geskryf en sy het ook ‘n toekenning ontvang.

Werner de Beer, beter bekend as Grizz the Singing Trucker het onlangs ‘n toekenning gewen. Foto: Ingestuur.

Grizz sing nou eers vir die afgelope twee jaar en hy het vertel dat dit alles te danke is aan sy vrou.

“Dit voel fantasties om so ‘n toekenning te kan wen. Dit is regtig ‘n eer vir iemand soos ek wat eers onlangs begin sing het.”

Vir die gemeenskap wil Grizz sê mense moet nooit ophou om in hul drome te glo nie, want dit sal waar word.

Kyk hier:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button