Local newsLocal sportNewsSport

Oud-Teinespelers kuier soos in die goeie ou dae

Talle voormalige spelers van die Randfontein-rugbyklub het onlangs bymekaar gekom vir 'n lekker braai en kuier.

Dit was ‘n baie gesellige dag by die Randfontein Rugbyklub toe talle voormalige rugbyspelers van die klub bymekaar gekom het vir ‘n braai.

Die braai op Woensdag, 24 November was ‘n kans vir die oudklubspelers om nuus uit te ruil en lekker saam te kuier.

Frans le Grange, Christo Oosthuizen, dr Okkie Dipper en Johan Kruger. Foto: Michelle Roodt.

Rudy van Rensburg, een van die organiseerders het vertel dat die byeenkoms gegaan het oor al die ourugbyspelers wat vir die Randfontein-rugbyklub gespeel het.

“Dit word tyd vir ons om hulle te eer, te respekteer en vir hulle ‘n kans te gee om net weereens bymekaar te kom en mekaar se geselskap te geniet, want die lewe met die virus was so ongemaklik en onaangenaam dat dit nou weer tyd is dat ons saamkuier.”

Rudy van Rensburg (links) het in 1998 by die klub begin speel en hy is steeds betrokke, Willie Wray het in 1977 begin speel en is ‘n lewenslange erelid. Foto: Michelle Roodt.

Hy het vertel dat baie van hulle vriende nie meer met hulle is nie.

“Dit is hoekom ons vandag gereël het, om net weer ‘n ordentlike en lekker samekoms vir die Randfontein Rugbyklub se ouens te hê en vir hulle dankie te sê vir dit wat hulle vir die dorp se rugby gedoen het.”

Die mans het baie lekker saam gekuier en daar was boonop iets vir die keel.

Daar was ook die lieflike geur van potjiekos, ‘n vark op die spit en heerlike biltong om aan te peusel wat geborg is deur JKS Deli terwyl die mans lekker buite gesit en gekuier het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button