Riebeeckrand-matrikulante ontvang erkenning in akademie

Die skool het onlangs hul matrikulate se akademiese prysuitdeling aangebied.

Hoërskool Riebeeckrand se matrikulante wat die beste op akademiese gebied presteer het, het onlangs erkenning gekry vir hul harde werk.

Die skool het op Vrydag, 22 Oktober hul matikulante se akademiese prysuitdeling gehou.

“Tydens die spoggeleentheid word leerders erkenning gegee vir hulle harde werk deur die loop van hulle matriekjaar,” het Elzeri Wright, skoolwoordvoerder vertel.

Tydens die prysuitdeling is sertifikate, balkies, erekleure, lourierkleur en trofeë oorhanding, en die Dux-leerder is aangewys.

Devonique Breedt het lourierkleure ontvang vir haar uitmuntende voorlopige gemiddeld van 86,14%.

Hier is die Top 10-matrikulante:

• 10 – Karli Strooh
• 9 – Danielle Meyer
• 8 – Elaine Fowler
• 7 – Ansuné Reynolds
• 6 – Ivana Strydom
• 5 – Marizanne Stoltz
• 4 – Ruben Jansen van Rensburg
• 3 – Zené van der Merwe
• 2 – Christelle Vosloo
• 1 – Devonique Breedt

Die Dux-leerdertrofee is vanjaar aan Marizanne Stoltz oorhandig.

Dié besondere toekenning word aan die leerder gedoen wat die hoogste gemiddelde persentasie van Graad 8 tot 12 behaal het.

Die Riebeeckrand-familie is ontsettend trots op al die matrikulante wat so hard gewerk het.

“Ons wens ons matrikulante alle sterkte toe met die res van hul eindeksamen.”

Exit mobile version