CrimeNews

EPR-misdaadverslag toon 40 insidente: ‘Misdaad besig om toe te neem’

EPR Sekuriteit het die publiek gewaarsku dat daar 'n toename in rowe, betreding, hekmotordiefstal, diefstal en saakbeskadeging is met die feestyd wat nader kruip.

EPR Sekuriteit se jongste misdaadverslag toon 40 insidente wat gerapporteer is vir die tydperk van Maandag, 15 November tot Sondag, 21 November.

Volgens EPR se algemene bestuurder, Johan Krogh het minstens 25 insidente by wonings, 10 by besighede en vyf by skole plaasgevind.

Diefstal is eerste op die lys met 10 insidente, gevolg deur saakbeskadiging en betreding met ses insidente elk.

“Soos die jaar einde se kant toe staan en die feestyd al nader kruip, is die insidente besig om toe te neem. Ons merk weer ‘n toename in rowe, betreding, hekmotordiefstal, diefstal en saakbeskadeging.

Inwoners word herinner om vroegtydig hul alarmstelsels te toets en seker te maak dat dit in werkende toestand is voordat hulle op ‘n welverdiende vakansie gaan. Maak seker dat u sekuriteitsfirma in besit is van u nuuste kontakbesonderhede,” het Krogh vertel.

EPR SEKURITEIT SE VOLLEDIGE VERSLAG:

Skermgreep 1 van EPR se jongste misdaadverslag vir Rand-Wes. Inligting verskaf.
Skermgreep 2 van EPR se jongste misdaadverslag vir Rand-Wes. Inligting verskaf.

Related Articles

Back to top button