Local newsLocal sportNewsSport

Talle ondersteun Rappies se gholfdag

Die doel van die jaarlikse gholfdag is om fondse in te samel vir die skool se minderbevoorregte leerders.

Talle gholfspelers het op Vrydag, 12 November by die Krugersdorp-gholfbaan bymekaargekom om Laerskool Rapportryer se jaarlikse gholfdag te ondersteun.

Hooforganiseerder Marsha Coetzer het gesê dit was hul suksesvolste gholfdag nog.

Lizan Oosthuizen en Karin Mc Farlane. Foto: Michelle Roodt.

“Die gholfdag is gehou om geld in te samel vir ons minderbevoorregte leerders. Baie daarvan gaan gebruik word om vir hulle kos te koop en om hulle deur die vakansietyd te dra,” het sy verduidelik.

Mapogo A Mathamaga Security was hul hoofborg terwyl Pest Control ‘n allemintige R25 000 prys by die sesde putjie geborg het – dis is nou as jy ‘n kolhou kon slaan. Niemand kon dit ongelukkig regkry om die groot prysgeld los te slaan nie.

Steven Griffiths, Marius Kamffer en Daniel Scott. Foto: Michelle Roodt.

Almal het die dag op die gholfbaan baie geniet en die ondersteuning vir Rappies was iets om te onthou.

Die skool wil ook net baie dankie sê aan die volgende borge wat die dag moontlik gemaak het: Mapogo A Mathamaga Security, Jawitz, Big Boy West Rand, Johan Lensley, Professional Risk Consulting, Pest Control, Rubber All, Witronics, At PrintFection, Windpomp, Ben Morgenrood, Noble Properties, Elite Business Solutions, ActServ Solutions, A’Africa Pest Prevention, Autozone en Hoërskool Monument.

Chanè Hanekom en Zantè Naudè. Foto: Michelle Roodt.
Die twee jongste spelers tydens die dag – Jordan Olwagen en Logan Coetzer. Foto: Michelle Roodt.
Nicole du Preez, Melanie Cronje, Betsie van Eck, Sandra Grobler en Jacky van Niekerk. Foto: Michelle Roodt.
Carel Stoop, voormalige hoof van Laerskool Rapportryer, en André Kruger, die huidige hoof. Foto: Michelle Roodt.
Mario De Magalhaes, Kobus van Wyngaardt, Armand Nel en Jako de Jager. Foto: Michelle Roodt.
Willem Ras, Johan Nel, Maryna Lütt en Theo Lütt. Foto: Michelle Roodt.
Michelle Olwagen, Marsha Coetzer, Ziskia Geldenhuys, Chantelle Kern en Hanneline Fiford. Foto: Michelle Roodt.
Dirk Mellett, Basil Govinden, Pieter Jonker en David Mathebula. Foto: Michelle Roodt.
Kyle Storm, Jean-Henry van Dyk en Jason Storm. Foto: Michelle Roodt.
Juan Maritz, JP du Plooy, Wouter Engelbrecht en Arno Cronje. Foto: Michelle Roodt.
Kobus Labuschagne, AT Kruger, Ruan Huyser en Ertjies Ernsting. Foto: Michelle Roodt.
Daar was goeie pryse op die spel. Foto: Michelle Roodt.
Willie Pretorius, Fanie Schoonraad, Sakkie Pretorius en Niel Horn. Foto: Michelle Roodt.
Dominique Pretorius, Franna Pretorius en Hannetjie Stadler. Foto: Michelle Roodt.
Andrè Esterhuizen en Werner van den Berg. Foto: Michelle Roodt.
Cecil Botha, Dewald Naude, Carike van der Merwe, Juan Erasmus en Henck du Toit. Foto: Michelle Roodt.
Katryn Ferreira, Sharleen Billing, Angelique Kotze en Barbara van Tonder. Foto: Michelle Roodt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button