Riebeeckrand-matrikulante vaar die grootmenswêreld binne

Die skool het onlangs hul Poortloopseremonie gehad vir hul matrikulante van 2021.

Die matrikulante van Hoërskool Riebeeckrand het onlangs deur hul skool se Poort geloop om die einde van hul skoolloopbaan te simboliseer.

Elzeri Wright, skoolwoordvoerder het vertel dat Poortloop ‘n pragtige tradisie by hul skool is.

“Elke Graad 8-leerder en ook nuwe leerders wat by Riebeeckrand inskryf stap deur die skool se Poort om as ‘n volwaardige Riebeeckrander ingeburger te word.”

Anakin Slabbert, Boipelo Mohamme, Henrico Scheepers, Kaela Smuts, Annelize van den Berg, Katlego Ramela, Carla Henning, Carli Rall en Blessings Mudarikwa. Foto: Ingestuur.

Aan die einde van die leerders se matriekjaar stap hulle deur die Poort se hekke na buite wat simboliseer dat hulle as volwaardige Riebeeckranders trots die wye wêreld ingestuur kan word.

Die martikulate van 2021 het op Vrydag, 22 Oktober deur die Poort se hekke gestap en die seremonie was gevul met glimlagte, trane en deel van mooi herinneringe van hul hoërskoolloopbaan.

“Dit was vir die Riebeeckrand-familie ‘n voorreg om die matrikulante van 2021 te onderrig, te vorm en te ontwikkel in die jong volwasse individue wat eersdaags die grootmenswêreld gaan binnetree. Ons wens ons matrikulante alle voorspoed toe met hul toekoms,” het Elzeri vertel.

Mag elkeen se drome bewaarheid word en mag julle groot sukses behaal.

Exit mobile version