NewsSchools

Motorfietsklubs verras Ram-minderbevoorregtes

Ram-leerders is uit hul sokkies bederf met geskenke danksy verskeie motorfietsklubs.

Dit was ‘n vroeë Kersfees vir leerders van Laerskool Randfontein toe lede van verskeie motorfietsklubs die skool op Maandag, 15 November met geskenke bederf het.

Al wat jy op die veld kon hoor was die gebrul van die motorfietse en die opgewonde leerders op die pawiljoen.

Die tafel vol geskenke vir die leerders. Foto: Michelle Roodt.

Gert Krog, een van die organiseerders het vertel dat ander Wes-Randse motorfietsklubs ook betrokke was by die uitreik en dat dit die negende jaar is dat hulle die leerders so bederf.

Geskenke is tydens die Gift Run ingesamel en Naughty by Nature-motorfietsklub het die res geskenk.

Die geskenke en motorfietse by Ram. Foto: Michelle Roodt.

Sommige van die leerders het ook ‘n rit op ‘n motorfiets om die veld geniet en selfs Leon Haupt, hoof van Laerskool Randfontein het ‘n beurt gekry.

Die geskenke en motorfietse by Ram. Foto: Michelle Roodt.
Appy Kent en Piet Naude. Foto: Michelle Roodt.
Michael Kidson en Carlo van Niekerk. Foto: Michelle Roodt.
Leon Haupt bedank almal. Foto: Michelle Roodt.
Jaco en Hester van Wyk. Foto: Michelle Roodt.
Sunette en Johan Rheeder. Foto: Michelle Roodt.
Leon Haupt, hoof van Laerskool Randfontein. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button