Die minderbevoorregte kinders van Laerskool Rapportryer is op Maandag, 15 November deur talle motorfietsklubs met geskenke verras.
Onderwyser Johan Venter het ‘n bietjie met die leerders gesels en ook die motorfietsryers bedank vir alles wat hulle vir die skool doen.
Die leerders het boonop ‘n kans gehad om die pragtige motorfietse van nader te beskou.
Volgens Gert Krog, een van die organiseerders is die meeste geskenke op Sondag, 7 November tydens die Gift Run ingesamel, en Naughty by Nature-motorfietsklub het die res geskenk.
Hy het vertel dat die West Rand Bikers ook betrokke was.
Dit is dié jaar die negende jaar dat die klubs hierdie wonderlike werk doen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.