NewsSchools

Motorfietsklubs ondersteun Rappies-minderbevoorregtes

Talle motorfietsklubs het weereens vanjaar minderbevoorregte kinders van Laerskool Rapportryer met geskenke bederf.

Die minderbevoorregte kinders van Laerskool Rapportryer is op Maandag, 15 November deur talle motorfietsklubs met geskenke verras.

Onderwyser Johan Venter het ‘n bietjie met die leerders gesels en ook die motorfietsryers bedank vir alles wat hulle vir die skool doen.

Joamarie van der Westhuizen, Gert Krog en Christo Collins. Foto: Michelle Roodt.

Die leerders het boonop ‘n kans gehad om die pragtige motorfietse van nader te beskou.

Volgens Gert Krog, een van die organiseerders is die meeste geskenke op Sondag, 7 November tydens die Gift Run ingesamel, en Naughty by Nature-motorfietsklub het die res geskenk.

Mark Verster en JG Martins. Foto: Michelle Roodt.

Hy het vertel dat die West Rand Bikers ook betrokke was.

Dit is dié jaar die negende jaar dat die klubs hierdie wonderlike werk doen.

Johan Venter praat met die leerders en sê dankie vir die klubs. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button