Pret en glimlagte tydens waterdag vir Rappies-leerders

Talle leerders van Laerskool Rapportryer het met hul kaalvoete en rooi wangetjies op Rappies se sportveld rondgehardloop.

Kan jy nog onthou hoe dit gevoel het om as sorgvrye kind op ‘n sonnige dag op die skoolveld in die water rond te baljaar?

Talle leerders van Laerskool Rapportryer het met hul kaalvoete en rooi wangetjies op Rappies se sportveld rondgehardloop tydens ‘n lieflike Waterdag op Donderdag, 11 November.

Pieter de Koker, Divan Greeff, Lourens Oosthuizen en Lihan Jansen van Rensburg. Foto: Michelle Roodt.

Daar was talle waterglybane en die leerders het in lang rye gestaan en wag vir hul beurt om in die water te baljaar.

Onderwyser Sara Herbst geniet die slip-n-slide. Foto: Michelle Roodt.

Nie net die waterglybane het die leerders besig gehou nie. Daar was ook ‘n dompeltenk waarin leerders mekaar kon laat val deur die knop te druk, en die skuimput wat hulle van kop tot toon in skuimmonsters verander het.

Die leerders het gedink net hulle gaan al die pret hê, totdat die onderwysers hulle gewys het hoe dit gedoen word. Die leerders het uit hul mae gelag vir die onnies in hul pap sop nat hemde en broeke nadat hulle by die glybane afgegly het om af te koel.

Leshia Pio, Tanya Esterhuizen en Lienka Pretorius. Foto: Michelle Roodt.

Elna van Aswegen, organiseerder van die pretdag het vertel dat hulle die waterspeledag aangebied het om dankie te sê vir die leerders wat so hard gewerk het vir die fondsinsameling, en vir die geld wat hulle ingesamel het.

Vir die fondsinsameling moes die kinders ‘n aantal woorde kon lees en is dan daarvolgens geborg. Hulle kon dan ‘n sekere aantal ure speel. Almal neem daaraan deel,” het Elna vertel.

James Le Roux en Heinrich van Jaarsveld het nie geweet hul gaan so afgly nie. Foto: Michelle Roodt.
Onderwysers Michelle Olwagen en Hanneline Fiford by Kyle Fiford. Foto: Michelle Roodt.
Jenna van Staden, Onderwyser Sara Herbst en Jaydon Button. Foto: Michelle Roodt.
Anton Appelcryn, Mia Appelcryn en Johan Venter. Foto: Michelle Roodt.
Hans Willemse in die skuimput. Foto: Michelle Roodt.
Melinique Cronjè val in die dompeltenk. Foto: Michelle Roodt.
Exit mobile version