NewsSchools

Wie sê kinders kan nie stem nie?

Leerders van Laerskool Rapportryer het onlangs hul eie kruisies getrek.

Laerskool Rapportryer se leerders in Graad R tot Graad 3 het onlangs aan hul eie stemdag deelgeneem.

Hul het die geleentheid gehad om op Donderdag, 28 Oktober vir hul gunstelingkandidate te stem.

Luhanne Tosen en Ziva Alberts. Foto: Ingestuur.

Die kandidate was Dinosourus, Muis, Vis en Slak.

Skoolwoordvoerder Esme Botha het vertel dat die leerders dit vreeslik geniet het om deel te wees van die hele proses, en die wenner sal in 2022 aangekondig word.

Elke leerder het die kans gehad om sy eie identiteitskaart te maak. Hulle is ook op klaslyste geregistreer en is gemerk met ‘n viltpen.

Logan Coetzer en André Kruger, hoof van Laerskool Rapportryer. Foto: Ingestuur.

Hul het elkeen ‘n stembrief ontvang waarop hulle hul kruisie getrek het.

“Ons het dit goed gedink om leerders bewus te maak van die hele stemproses sodat hul weet waaroor dit gaan.”

Die leerders se handgemaakte identiteitskaarte. Foto: Ingestuur.

Rappies is baie trots op elke leerder wat deel was van die skool se verkiesing.

Related Articles

Back to top button