Teine se Spelers van die Week beloon met ‘n bakkie

Tydelike wiele vir hardwerkende rugbyspelers van Randfontein Rugbyklub.

Pest Control and Cleaning Specialists het dit goed gedink om Randfontein Rugbyklub se Speler van die Week met ‘n bakkie te beloon.

Klubbestuurder Lulu Kleyn het verduidelik, “So ‘n speler kan dan vir die week met die bakkie rondry. Die eerste Speler van die Week is na die wedstryd teen Roodepoort op 18 September aangewys, waarna ‘n speler wat op die rugbyveld uitgeblink het, na elke daaropvolgende wedstryd aangewys is.”

Jayden du Plessis, Spiedie du Plessis, Cecil Tucker en Devin Tucker. Foto ingestuur.

Sy het vertel dat Christoff Kleyn na die wedtryd teen Roodepoort aangewys is; Dewald Sonnekus was die Speler van die Week na die wedstryd teen Raiders op 2 Oktober; Donavan Jonker was die uitblinker teen NWU Pukke op 16 Oktober; Manny Rodriguez het die eer te beurt geval na die vriendskaplike wedstryd teen Khosa op 23 Oktober, en Brandon Viviers is op 30 Oktober na die Pirates-wedstryd aangewys.

Donavan Jonker saam met Hennie van Eck van Pest Control. Foto ingestuur.

“Twee stelle pa’s en seuns het ook op Saterdag, 30 Oktober saam gespeel,” het Lulu trots gesê.

Johan Cronje, Hennie van Eck, Christoff Kleyn, Willem van Loggerenberg en Willem de Beer. Foto ingestuur.
Exit mobile version