Local newsNewsSchools

Ram se jukskeispelers presteer, al weer!

Sewe jukskeispelers van Laerskool Randfontein hou die skool se naam hoog.

Sewe van Laerskool Randfontein se leerders spog met verskeie jukskeiprestasies.

“Jukskei is vir seker nie een van die groot sportsoorte wat by Laerskool Randfontein aangebied word nie maar dit word met net soveel entoesiasme geoefen en gespeel,” het skoolwoordvoerder Annie Nolan gesê.

Heinrich Steyn, Henryko Ayers en Heinrich Obermeyer. Foto: Annie Nolan.

Die skool het fantastiese spelers, en Heinrich Steyn, Minette Lombaard, Jessica Reid, Karmien van Coller, Heinrich Obermeyer, Megan de Beer en Henryko Ayres het die Wes-Rand-spanne gehaal.

Henryko is ook as kaptein van die o.19B-span aangewys.

“Dit is ‘n besondere prestasie vir ‘n 13-jarige seun in die laerskool aangesien die res van sy spanmaats almal hoërskoolleerders is.”

Sy het ook vertel dat die hoogtepunt van die jukskeiseisoen die Bondedag was waaraan al die leerders op Saterdag, 16 Oktober in Boksburg deelgeneem het.

“Al die spelers se spanne het onder die eerste drie geëindig en medaljes verwerf. Die leerders is nou genooi om aan die SA-proewe deel te neem. Die SA-kampioenskappe vind in Desember in Kroonstad plaas.”

Henryko Ayers. Foto: Annie Nolan.

Laerskool Randfontein wens elkeen van hul spelers en afrigters geluk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button