Spring, hardloop en sing by Ram-interhuis

Laerskool Randfontein het onlangs hul jaarlikse interhuis aangebied.

Nie eers die erge wind kon Laerskool Randfontein se gees demp tydens hul jaarlikse interhuisatletiek nie.

Brandon Neethling. Foto: Michelle Roodt.

Die dag vol sport, pret en gees het op hul sportgronde op Woensdag, 25 Oktober plaasgevind.

Monique van Niekerk tydens die hoogspring. Foto: Michelle Roodt.

Talle leerders het aan ‘n klomp aktiwitiete soos 1 200m hardloop, 500m hardloop, vêrspring, hekkies, spiesgooi, hoogspring en diskus deelgeneem.

Al die leerders het net hul beste gegee en selfs hul oumas, oupas, ooms, tannies, mammas en pappas het gekom om hulle te ondersteun.

Wandre Phillips. Foto: Michelle Roodt.

Die interhuis was ‘n groot sukses en die leerders kan baie trots wees op hulself.

Malan Bosman in aksie tydens die spiesgooi. Foto: Michelle Roodt.
Eben Nel in aksie tydens die vêrspring. Foto: Michelle Roodt.
Aphile Maseko besig met hoogspring. Foto: Michelle Roodt.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version