Trooswurms vir die grootskool van die VLU

Die Graad R-leerders by Rappies Pre-Primêr het elkeen onlangs 'n trooswurm van die VLU Middelvlei-tak ontvang wat hulle kan saamneem grootskool toe.

Die Graad R-leerders by Rappies Pre-Primêr is vroeg op Woensdag, 27 Oktober verras toe die Vrouelandbou-unie (VLU) se Middelvlei-tak vir elkeen ‘n geskenk vir die grootskool gebring het.

Die leerders het elkeen ‘n klein gehekelde wurm ontvang wat hulle saam grootskool toe kan neem. Wanneer hulle dalk bang of hartseer voel, kan hulle die wurm styf vasdruk om hulle te troos.

Die trooswurms wat die leerders ontvang het. Foto: Michelle Roodt.

Ria Herbst, voorsitter van die Middelvlei-tak het vertel dat hulle 238 wurms vir die leerders gehekel het.

Die Rappies Pre-Primêr-leerders was baie opgewonde oor hul geskenke en kan nie wag om grootskool toe te gaan en hul wurms saam te neem nie.

Exit mobile version