Goue Leeus-spelers in Ram se midde

Vier van Laerskool Randfontein se rugbyspelers is in Goue Leeus-spanne opgeneem.

Laerskool Randfontein spog met vier van hul seuns wat in verskeie ouderdomsgroepe van die Goue Leeus-rugbyspanne opgeneem is.

Skoolwoordvoerder Annie Nolan het verduidelik dat die rugbyproewe voortgegaan het aangesien die Covid-inperkings verslap is.

“Die individuele prestasies van ons rugbyspelers word nie misgekyk nie, en ons rugbyseuns het uitstekend gevaar.”

Sy het verduidelik dat slegs o.12’s en o.13’s aan die proewe kon deelneem. Sewe van hul o.12’s en o.13’s het die Randwes-rugbyproewe geslaag en deurgegaan na die volgende rondte.

Daar is drie van Ram se o.12’s en vier van hul o.13’s vir die Wes-Rand-rugbyspan gekies.

Ntando Lamola en Tristan Rodrigues is na die finale proewe in die Goue Leeus o.13A-rugbyspan opgeneem, en Ethan Williams en Aphile Masekoin is vir die Goue Leeus o.12A-rugbyspan gekies.

“Ons rugbyseuns hou voorwaar Ram se naam hoog.”

Exit mobile version