Local newsNews

Motor- en wolfhondskou net vir Cast Aways

'n Somerfees is in Greenhills gehou ten bate van die Cast Aways Animal Sanctuary.

Talle gemeenskapslede het op ‘n sonninge Saterdag, 23 Oktober na die Randfontein Spur-gronde gestroom vir die Cast Aways Animal Sanctuary se somerfees.

Daar was stalletjies wat verskeie goedere verkoop het wat gewissel het van speelgoed tot lekkernye. Daar was ook ‘n motorskou waar verskeie unieke voertuie ten toon gestel is terwyl vermaak deur Grizz, Belinda Davids, Jessie Boston, Marilyn, Maryna Booysen en die Achy Breaky Line Dancers verskaf is.

Sylvia Pieterse, Lizette Snyman en Bella Pieterse. Foto: Michelle Roodt.

Daar was boonop ‘n wolfhondskou waartydens akteur Jonathan Pienaar gesels het oor hierdie wonderlike diere.

Selfs die Randfontein Oval Renbaan het hul karre uitgestal.

Akteur Jonathan Pienaar saam met Fang die wolf. Foto: Michelle Roodt.

Louisa Rossouw, eienaar en stigter van Cast Aways het vertel dat die fees gehou is om geld in te samel om hoofsaaklik hul veeartsrekeninge te kan betaal.

“Ons het ‘n wonderlike dag gehad en is dankbaar teenoor elkeen wat ‘n sukses daarvan gemaak het.”

Meer fotos hier:

 

Justin Bouwer. Foto: Michelle Roodt.
Gert van Rooyen by sy Corvette C4 572 9.3L. Foto: Michelle Roodt.
Adrian Jordaan en Danika van Tonder. Foto: Michelle Roodt.
Naomi en Werner (Grizz) de Beer. Foto: Michelle Roodt.
Ian Scheepers in sy VW Golf Mark 1 1988. Foto: Michelle Roodt.
Sommige van die karre wat uitgestal is. Foto: Michelle Roodt.
Justin Bouwer en sy ma Mientjie Bouwer. Foto: Michelle Roodt.
Juan Botha en Louisa Rossouw. Foto: Michelle Roodt.
‘n Ford Sierra XR 8. Foto: Michelle Roodt.
Sommige van die karre wat uitgestal is. Foto: Michelle Roodt.
Ada en Frik Booysen het die dag geniet. Foto: Michelle Roodt.
Jimmy, Jessica, Ethan en Keagen Budd. Foto: Michelle Roodt.
Chani Gomes en Karla van Vollenhoven. Foto: Michelle Roodt.
Luke Spanga in sy Ford Anglia Super 1965 1200. Foto: Michelle Roodt.
Chucky, Petro Ludick en Victor Bush. Foto: Michelle Roodt.
Michkè Hattingh is hier saam met Christy, Christelle, Ilse en Christen Munnik. Foto: Michelle Roodt.
Melissa Wolf is trots op haar renmotor. Foto: Michelle Roodt.
Sommige van die karre wat uitgestal is. Foto: Michelle Roodt.
Danie de Bruyn. Foto: Michelle Roodt.

Related Articles

Back to top button