Kan jy visvang? Die Wesrand Hengelklub is dié plek

Die Wesrand Hengelklub se nuwe seisoen is sterk aan die gang en hulle wil hengelaars van regoor die distrik nooi om by hulle te kom aansluit.

Meer as 30 lede van die Wesrand Hengelklub het op Saterdag, 16 Oktober weer ‘n aangename dag langs die viswater deurgebring.

Volgens Anja Meyer van die klub is vyf nuwe rekords opgestel en het hulle vier nuwe lede bygekry.

“Ons het altesaam 94 visse ingeweeg met ‘n totale gewig van 73,579kg,” het sy vertel.

Chantelle Venter, een van die lede kon ook ‘n nuwe persoonlike beste opstel toe sy ‘n pragtige 6,5kg-graskarp uitgetrek het.

Norbert Farkas was die wenner van ‘n gelukstrekking en het met ‘n nuwe Waft Bulletproof-stok en -katrol weggestap.

• Navrae: Skakel vir Anja by 076 729 2801.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version