Die dames van die Vroue Landbou-Unie (VLU) se Middelvlei-tak het op Woensdag, 13 Oktober ‘n draai by Bonsai Magic in Loumarina gaan maak om meer te leer oor hierdie wonderlike klein bome.
Ria Herbst, voorsitter van die VLU se Middelvlei-tak het vertel dat Cathy Steyn, eienaar van Bonsai Magic die dames toe geleer het hoe om ‘n boom te knip en hoe om hom water te gee.
“Ons het besluit om hulle te besoek omdat ons nog nooit gehoor het van die plek nie en omdat dit ons geïnteresseer het,” het Ria vertel.
Al die dames het die oggend baie geniet en dit was vir hul wonderlik om meer oor hierdie klein bome te leer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.